PRYSE

Christelik, Afrikaans, Uitnemende Standaard

Volledige Pakket

Die Volledige Pakket sluit alle voorgeskrewe handboeke, werkboeke asook addisionele opvoedkundige hulpmiddels vir daardie spesifieke graad ins. Dit word eenmalig betaal, en die hele jaar se werk word gelewer. Ouers skaf self skyfbehoeftes aan.

Weerleer Pakket

Die Weerleer Pakket is ‘n pakket wat vir die tweede keer gebruik word deur dieselfde leerder of ‘n jonger broer of suster.

Dit sluit die volgende in:

  • vir graad R-7: al die werkboeke waarin die leerders skryf
  • vir graad 8-9: indien die keusevakke verander, word een keusevak by die bedrag ingesluit. Indien beide keusevakke verander, sal die tweede vak afsonderlike gefaktureer word.
  • onlangs opgedateerde boeke. Dit is die verantwoordelikheid van ouers om so gou moontlik ‘n lys van hulle “ou boeke” se titels en ISBN nommers aan Moria te stuur.

Beginstap, Middelstap en Laastestap Pakket

Die Beginstap, Middelstap en Laastestap Pakket is vir ouers wat die jaar se boeke oor 3 paaiemente wil afbetaal. Die jaar se werk word in 3 verdeel en die leerder sal slegs gereed wees vir eksamen indien al drie die -stap pakkette aangeskaf en deurgewerk is. Die Laastestap Pakket word op die laatste teen Julie aangeskaf sodat daar genoeg tyd gelaat word om deur al die werk te kom voor die eksamen.

Eksamen Registrasie

Die Eksamen Registrasie is vir die November eindjaar eksamen wat ekstern, deur Moria, afgelê word. Hierdie eksamen is verpligtend en sluit die vakke in soos uiteengesit by “Eksamens”. Eksamen registrasies vind in Augustus plaas.

Algemeen

Kwotasies is geldig slegs vir 30 dae.

Pryse is onderhewig aan onmiddellike verandering en solank voorraad hou.

Pryse ook geldig vir lande buite Suid-Afrika, uitsluitend die administrasiefooi.

Jaarlikse prysverhouding einde Oktober.